Main Article Content

Towards a southern African English defining vocabulary


L Hiles

Abstract

Controlled defining vocabularies have been used regularly in lexicography since the 1970s. They are mostly employed in learners' and school dictionaries and have been used to ensure that the definitions are easily understood by the dictionary user, and that the words used to define a lemma are not more difficult than the lemma itself.

In my experience, defining vocabularies compiled for English dictionaries for a British or American market are not entirely sufficient for southern African dictionaries. Words which would be well-known and used in southern Africa are not included in a foreign defining vocabulary.

With this article, it is my intention to find methods of adapting existing defining vocabularies and to compile one that is more useful for southern African school dictionaries.

A complete southern African English defining vocabulary is not part of the scope of this paper, but by providing some suggestions, I hope to make the reader realize that there is a need for a complete defining vocabulary that would cater to the needs of a southern African dictionary and its users. Further research would then be an extension of this paper into a full defining vocabulary (DV) that would be used for southern African dictionaries.

Keywords: Controlled defining vocabulary, defining vocabulary, definitions, learners' dictionary, restricted defining vocabulary, school dictionary, South African dictionaries, southern African dictionaries

Op pad na 'n Suider-Afrikaanse Engelse definiëringswoordeskat

'n Gekontroleerde definiëringswoordeskat word gereeld sedert die 1970's in die leksikografie gebruik. Dit word meesal in aanleerders- en skoolwoordeboeke benut en word gebruik om seker te maak dat die omskrywings geredelik verstaanbaar is vir die woordeboekgebruiker, en dat die woorde wat gebruik word om 'n lemma te omskryf, nie moeiliker is as die lemma self nie.

Die definiëringswoordeskat wat vir Engelse woordeboeke vir Britse of Amerikaanse markte saamgestel word, is nie heeltemal voldoende vir Suider-Afrikaanse woordeboeke nie. Woorde wat in Suider-Afrika goed bekend is en gebruik word, word nie by 'n oorsese definiëringswoordeskat ingesluit nie.

Met hierdie artikel is dit die voorneme om metodes te vind om die bestaande definiëringswoordeskat aan te pas en om een saam te stel wat nuttiger is vir Suider-Afrikaanse skoolwoordeboeke.

'n Omvattende Suider-Afrikaanse definiëringswoordeskat is nie deel van die bestek van hierdie artikel nie. Deur 'n paar voorstelle te maak, behoort die leser daarvan bewus gemaak te word dat daar 'n omvattende definiëringswoordeskat nodig is wat in die behoeftes van 'n Suider-Afrikaanse woordeboek en die gebruikers daarvan voorsien. Hierdie artikel sou as wegspringplek kon dien vir voortgesette navorsing na 'n definiëringswoordeskat wat vir Suider-Afrikaanse woordeboeke van nut kan wees.

Sleutelwoorde: Aanleerderswoordeboek, beperkte definiëringswoordeskat, definiëringswoordeskat, gekontroleerde definiëringswoordeskat, omskrywings, skoolwoordeboek, Suid-Afrikaanse woordeboeke, suiderafrikaanse woordeboeke


Journal Identifiers


eISSN: 2224-0039
print ISSN: 1684-4904