Main Article Content

Evalueringskriteria en die interaksie tussen die leksikografieteorie en -praktyk; die ontwerp van die <i>Woordeboek van die Afrikaanse Taal</i> as gevallestudie


P H Swanepoel

Abstract

Die samestellers van die verskillende dele van die WAT kon steun op die insette van verskeie medewerkers, waarvan woordeboekresensente 'n belangrike groep is. Een van die algemene probleme met die evaluering van woordeboeke van allerlei soorte (sien Nielsen 2006, 2009 en Swanepoel 2008, 2013 vir 'n bespreking) is dat daar egter in resensies — ook in sommige van dié van die verskene dele van die WAT — slegs gesteun word op kriteria vir die ontleding en beskrywing van die ontwerpkenmerke van woordeboeke en dikwels nie ook op 'n duidelik geformuleerde en gemotiveerde stel kriteria vir die evaluering van woordeboeke nie. Hierdie probleem en die onderskeid tussen beskrywingskriteria en evalueringskriteria en die inhoud, struktuur en operasionalisering van evalueringskriteria word in meer besonderhede in hierdie artikel bespreek na aanleiding van veral Feinauer (2007), Gouws (2007, 2011 en 2014), Gouws en Prinsloo (2005), Nielsen (2006, 2009) en Svensén (2009). Ten slotte word hierdie probleem toegelig aan die hand van die ontwerpkenmerke van WAT Deel XIV.

Sleutelwoorde: Woordeboekresensies, woordeboekbeskrywingskriteria, woordeboekevalueringskriteria, die vorm, inhoud en operasionalisering van leksikografiese evalueringskriteria, ontwerpkenmerke van WAT Deel XIV

Evaluation criteria and the interaction between lexicographic theory and practice; the design of the Woordeboek van die Afrikaanse Taal as case study

The compilers of the various volumes of the WAT have relied on input from various co- workers, of which dictionary reviewers form an important group. However, a common problem with the evaluation of dictionaries of various kinds (cf. Nielsen 2006, 2009 and Swanepoel 2008, 2013) is that reviews only provide an analysis and description of the design features of dictionaries and not also an evaluation based on a set of clearly formulated and motivated criteria for the evaluation of dictionaries. This problem, the distinction between criteria for the description and evaluation of the design features of dictionaries, and the content, structure and operationalization of lexicographic evaluation criteria, are discussed in this article, taking especially Feinauer (2007), Gouws (2007, 2011, 2014), Gouws and Prinsloo (2005), Nielsen (2006, 2009) and Svensén (2009) as point of departure. Finally, this lexicographic problem is discussed with reference to the design features of WAT Volume XIV.

Keywords: Dictionary reviews, dictionary description criteria, dictionary evaluation criteria, the form, content and operationalization of lexicographic evaluation criteria, design features of WAT, Volume XIV


Journal Identifiers


eISSN: 2224-0039
print ISSN: 1684-4904