Main Article Content

Die negende deel van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal


Ilse Feinauer

Abstract

Deel nege van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) is die eerste produk van 'n heel nuwe bestel van die Buro van die WAT: dit is naamlik die eerste deel van die nuwe hoofredakteur, die redaksionele stelsel is ingrypend hersien, en WAT IX is volledig as kantoorpublikasie tot stand gebring. Hierdie resensieartikel wi! vasstel of die nuwe werksbenadering werklik vemuwing in die woordeboek as sodanig teweeggebring het. Daar word ondersoek ingestel na die algemene vorm en voorkoms van die woordeboek, maar die artikel konsentreer hoofsaaklik op die alfabetiese deel van die woordeboek. Aandag word gegeeaan die toepassing van die jongste leksikografieteorie, maar ook aan die mate waarin WAT IX aanpassings gemaak het op grand van kritiek wat op vorige dele gelewer is. Wat vorm en voorkoms betref, is WAT IX so aangepas dat dit een van die gebruikervriendelikste Afrikaans verklarende woordeboeke is. Makrostruktureel toon WAT IX leksikografiese wins in sy opname van subleksikale en multi1eksikale lemmas, en die plasing van afkortinglemmas. Mikrostruktureel word die lemmas beter bewerk en die spektrum van taalkundige inligtingtipes is meer uitgebrei. Die verl>eterings word egter nie oral konsekwent deurgevoer nie.


Journal Identifiers


eISSN: 2224-0039
print ISSN: 1684-4904