Main Article Content

Vloek, skel en vulgariteit: Hantering van sosiolinguisties aanstootlike leksikale items


L. Dekker

Abstract

Hierdie artikel wil nie dit wat in onlangse jare oor die leksikografiese bewerking van vloek, skel en ordinere vulgariteit in die taal geskryf is, saamvat of ontleed nie,1 maar probeer slegs om 'n paar praktiese gedagtes oor die onderwerp te ontwikke1. Dit ondersoek die foute wat met die bewerking van die lemma {ok en 'n aantal van sy komposita, verwante lemmas, idiome en ander ramifikasies begaan is. 'n Baie opvallende vermyding van die taalwerklikheid word blootgele en bespreek. 'n Ontwerp vir meer realistiese definisies word voorgele en die etikettering verduidelik. Die etikette vloek, skeltaal, neerhalend en dies meer het betrekking op stilistiese funksies en ,behoort as 'n aparte reeks onderskei te weird van die reeks etikette wat sosiolinguistiese status aandui, soos vulger, geselstaal of verhewe, waarmee dit tradisioneel op 'n gegradeerde skaal saamgegroepeer word.

Sleutelwoorde: vloek, skel, vulgariteit, taalwerklikheid, realistiese deflnlsies, stilistiese etiketie, sosiolinguistiese etiketie, leksikografie


Journal Identifiers


eISSN: 2224-0039
print ISSN: 1684-4904