Main Article Content

Vroee woordelyste en woordeboeke in verband met Afrikaans


W Gericke

Abstract

Die begin van die professionele leksikografie in Suid-Afrika kan teruggevoer word na 1926 toe prof. J.J. Smith amptelik met die werk aan Die Afri/caanse Woordeboek Gater ook bekend as die Woordeboek mn die Afrikaanse Taal) begin het. In hierdie artikel word daar ingegaan op die stand van die Afrikaanse leksikografie teen daardie tyd en op die Afrikaanse en voor-Afrikaanse woordelyste en woordeboeke wat voor 1926 verskyn het. Werke wat van 1844 tot 1925 gepubliseer is, word bespreek. Van die vroee leksikografiese baanbrekers was Nederlanders wat hulle in Suid-Afrika gevestig het. Hulle werk het nog 'n sterk Nederlandse karakter gehad. Eers deur die invloed van die sogenaamde Tweede Afrikaanse Taalbeweging nil 1905 en die werk van die ZuidAfrikaanse Akademie voor Taal, Letteren en Kunst wat in 1909 tot stand gekom het, is die Afrikaanse leksikografiese produkte in 'n groot mate van hierdie Nederlandse inslag ges.,uwer. Teen 1926 was die grondslag van 'n leksikografiese tradisie in Suid-Afrika gele, maar die Afrikaanse verk1arende leksikografie was nog 'n onbekende en onverkende terrein.

Sleutelwoorde: afrikaans, vroee woordelyste en woordeboeke, professionele leksikografie


Journal Identifiers


eISSN: 2224-0039
print ISSN: 1684-4904