Main Article Content

Die rekenarisering van die leksikografiese prosesse in die Buro van die WAT


P Harteveld

Abstract

Die Buro van die WA T het in Augustus 1987 sy leksikografiese prosesse begin rekenariseer. Hierdie artikeI beskryf die voordele van rekenarisering, die fases van die proses, die probleme daaraan verbonde en die resu1tate wat behaal is. In die eerste fase (1987-1989) is die rekenaar hoofsaaklik as woordverwerker vir die maak van manuskrip gebruik. Die woordeboekteks kon egter nie elektronies na die eksterne drukkery oorgedra word nie. Die tweede fase (1990 en verder) behels die aanpassing van programmatuur by die behoeftes van die person eel, die uitbreiding van die rekenaarstelsel en die skepping van 'n elektroniese taaldatabasis. Sowel onverwerkte taalmateriaal bestaande uit meer as drie miJjoen optekeninge in kaartvorm as verwerkte materiaal uit die reeds gepubliseerde dele van die WAT moet in hierdie databasis opgeneem word. Verder word 'n rekenaarveldstruktuur voorgestel waarvolgens inligting op skerm in die woordeboek in-geskryf word met die oog op die meerdoelige onttrekking daarvan aan die gevolglike teksdatabasis Regstreekse elektroniese oordrag van manuskripteks na die Bura se interne reprografiese afdeelings, asook interne bladuitleg en drukwerk is nou 'n werklikheid. Toekomstige rekenaaraanwedings ter bespoediging van die redaksionele prosesse word oak aangedui.


Journal Identifiers


eISSN: 2224-0039
print ISSN: 1684-4904