Main Article Content

Exploring the Properties of English Lexical Affixes by Exploiting the Resources of English General-Purpose Dictionaries Die verkenning van die eienskappe van Engelse leksikale affikse deur die benutting van die hulpbronne in Engelse woordeboeke vir algemene doeleindes.


Tvrtko Prćić

Abstract

This paper proposes a new model for exploring the properties of English lexical affixes, based on exploiting the resources of English general-purpose dictionaries. Developed primarily for EFL university students and motivated by the highly inconsistent treatment of affixes in those dictionaries, this model builds around a heuristic self-study method and its accompanying bare-bones inferential dictionary (BBID), purposefully designed, produced and distributed as a guide to students' discoveries. The model has been devised so as to direct students away from affix entries in general-purpose dictionaries towards word entries which contain specific affixes and to lead students to discover the properties of target affixes by analysing corresponding source words provided in BBID. The exposition is divided into four parts, as follows: Section 1 brings some introductory, scene-setting remarks; in Section 2, essential and relational affixal properties are presented; in Section 3, the five major aspects of the new model are explained and exemplified: pragmatic reasons, main objectives, underlying principles, instructional material and real-life functioning; finally, Section 4 offers a summary and a critical assessment of the model and its BBID, together with a glimpse into their future.


In hierdie artikel word 'n nuwe model, gegrond op die ontginning van Engelse woordeboeke vir algemene doeleindes as hulpbronne, vir die verkenning van die eien-skappe van Engelse leksikale affikse voorgestel. Hoofsaaklik ontwikkel vir EVT-universiteitstu-dente en gemotiveer deur die hoogs inkonsekwente hantering van affikse in hierdie woordeboeke, word die model saamgestel rondom 'n heuristiese selfstudiemetode en die gepaardgaande basiese deduktiewe woordeboek (Engels BBID), wat doelmatig ontwerp, geproduseer en versprei word as 'n gids vir studenteverkenning. Die model is ontwerp om studente weg te stuur van affiksinskry-wings in woordeboeke vir algemene doeleindes na woordinskrywings wat spesifieke affikse bevat en om studente te lei na die ontdekking van die eienskappe van doelaffikse deur ooreenstemmende bronwoorde wat in die BBID verskaf word, te analiseer. Die uiteensetting word verdeel in vier dele: Afdeling 1 bevat inleidende, beskrywende opmerkings; in afdeling 2 word noodsaaklike en relasionele eienskappe van affikse weergegee; in afdeling 3 word die vyf hoofaspekte van die nuwe model uiteengesit en toegelig: pragmatiese motiewe, hoofdoelwitte, onderliggende beginsels, onderrigmateriaal en werklike funksionering; laastens bied afdeling 4 'n opsomming en 'n kritiese beoordeling van die model en sy BBID aan, met terselfdertyd 'n kykie na die toekoms.


Journal Identifiers


eISSN: 2224-0039
print ISSN: 1684-4904