Main Article Content

How Great is thy Dictionary? Cross-referencing as a Lexicographic Device in <i>The Greater Dictionary of (isi)Xhosa</i>


Dion Nkomo
Bulelwa Nosilela
Wanga Gambushe

Abstract

Inspired by Willem Botha's reflections on the compilation of the multi-volume Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) in Botha (1994; 2005), this study offers a critical evaluation of cross-referencing in The Greater Dictionary of (isi)Xhosa, henceforth the GDX. The GDX is a tri-volume dictionary, possibly the  biggest dictionary, not only in isiXhosa, but in African languages. The evaluation of the dictionary is guided by the notion of cross-reference  conditions or cross-reference prerequisites to identify cross-references used in the GDX, analyse the relations revealed by crossreferencing and the  effectiveness of the entire mediostructural organisation of the dictionary. The article notes that cross-referencing in the GDX seems to be guided by a  generally well-conceived set of guidelines which were largely followed meticulously. Consistency generally prevails in the treatment of similar lexical  items and even across the different volumes of the dictionary. Some cross-referencing aspects that could be improved were identified. However, it was  noted that most of them would be easily addressed in the prospective digitisation project of the GDX. 


 Afrikaans titel: Hoe goed is die woordeboek (werklik)?  Kruisverwysing as 'n leksikografiese tegniek in The Greater Dictionary of (isi)Xhosa


Geïnspireer deur Willem Botha se gedagtes oor die samestelling van  die meerdelige Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) in Botha (1994; 2005), word daar in hierdie artikel 'n kritiese evaluering van kruisverwysing in  The Greater Dictionary of (isi)Xhosa, voortaan die GDX, aangebied. Die GDX is 'n driedelige woordeboek, waarskynlik die grootste woordeboek, nie slegs  in isiXhosa nie, maar ook in die Afrikatale. Die evaluering van die woordeboek word bepaal deur die invalshoek kruisverwy singsvoorwaardes of  -voorvereistes om kruisverwysings wat in die GDX gebruik word, te identifiseer, om verwantskappe wat deur kruisverwysings blootgelê word, te analiseer  en deur die effektiwiteit van die algehele mediostrukturele samestelling van die woordeboek. In die artikel word aangedui dat kruisverwysing  in die GDX klaarblyklik bepaal word deur 'n algemene goedontwikkelde stel riglyne wat meestal nougeset gevolg is. Gewoonlik geld konsekwentheid in  die hantering van soortgelyke leksikale items en selfs oor die verskillende volumes van die woordeboek. Sommige aspekte rakende kruisverwysing wat  verbeter kan word, word geïdentifiseer. Daar word egter aangedui dat die meeste van hierdie aspekte maklik in die toekomstige digitaliseringsprojek van  die GDX aangespreek kan word. 


Journal Identifiers


eISSN: 2224-0039
print ISSN: 1684-4904