Main Article Content

'n Moontlike model vir die bewerking van idiome in tweetalige woordeboeke


L Potgieter

Abstract

Opsomming: Woordeboeke is belangrike en noodsaaklike hulpmiddels vir vertalers, maar tog het baie vertalers gemengde gevoelens veral oor tweetalige woordeboeke. Terwyl hulle aan die een kant nie werklik daarsonder kan werk nie, bied tweetalige woordeboeke aan die ander kant dikwels vir vertalers min of geen leiding nie. Dit blyk ook dat tweetalige woordeboeke 'n onvoldoende hulpmiddel vir professionele vertalers by die vertaling van idiome is. Die vertaling van idiome behels meer as net die vertaling van enkelwoorde. In hierdie artikel word 'n moontlike model aangebied om die bewerking van idiome in tweetalige woordeboeke te help verbeter.

Sleutelwoorde: IDIOOM, TWEETALIGE WOORDEBOEK, VERTAALEKWIVALWENT, ABSOLUTE EKWIVALENSIE, GEDEELTELIKE EKWIVALENSIE, DIVERGENSIE, ZERO-EKWIVALENSIE, SURROGAATEKWIVALENSIE, REGISTERVERSKILLE, ONVASTHEDE, TAALBOUSELS

Journal Identifiers


eISSN: 2224-0039
print ISSN: 1684-4904