Main Article Content

'n Teoretiese basis vir kontekstualisering in tweetalige woordeboeke


H Beyer

Abstract

Die hoofdoel van 'n tweetalige woordeboek kan beskou word as die kommu-nikatiewe bemagtiging van die woordeboekgebruiker deur die voorsiening van semanties-prag-matiese vertaalekwivalente ter wille van kommunikatiewe ekwivalensie. Wanneer 'n vertaalekwi-valentparadigma aangebied word, moet die woordeboekgebruiker deur funksionele ekwivalent-diskriminerende inskrywings gehelp word om die kommunikatief gepaste vertaalekwivalent te selekteer vir die doel van teksresepsie, teksproduksie of vertaling binne die tersaaklike diskoers-situasie, d.w.s. die data-aanbod in die woordeboek behoort die gebruiker in die toepassing van ekwivalentdiskriminasie te ondersteun. In hierdie artikel word 'n teoretiese fundering van sodani-ge aanbod voorgestel, wat gebaseer word op die relevante literatuur en woordeboekdata. Die potensiaal van 'n kommunikatiewe benadering tot 'n gebruikersgerigte metaleksikografie word in die proses verken. Daar word vasgestel dat ekwivalentdiskriminerende inskrywings in 'n algemene tweetalige woordeboek binne die paradigma van konteks, soos leksikografies toegepas, aangebied word, en bepaalde klasse kontekstualiserende inskrywings word geïdentifiseer. Die verspreiding-struktuur van dié inskrywingstipes kom ook kortliks aan bod. 'n Kommunikatiewe benadering benadruk dat die kommunikatiewe sukses van 'n woordeboek deur 'n goed beplande woordeboek-spesifieke leksikografiese proses én woordeboekgebruik deur bevoegde teikengebruikers mede-bepaal word.

Sleutelwoorde: betekenisverklaring, buiteteks, dekodering, diskrimina-tor, ekwivalentdiskriminasie, ekwivalentdiskriminerende inskrywing, enkodering, gebruikersgerigte metaleksikografie, ingevoegde teks, kollo-kasie, kommunikatiewe benadering, kommunikatiewe ekwivalensie, kon-teks, konteksleiding, kontekstualiserende inskrywings, kontekstualise-ring, koteks, leksikografie, leksikografiese data, leksikografiese etiket, leksikografiese glos, semanties-pragmatiese ekwivalensie, tweetalige woordeboek, verspreidingstruktuur, vry konstruksie

Journal Identifiers


eISSN: 2224-0039
print ISSN: 1684-4904