Main Article Content

Ensiklopedisiteit in die Woordeboek van die Afrikaanse Taal: 'n "Saak" van balans


W Botha

Abstract

Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (voortaan WAT) het vanaf die negende deel wegbeweeg van 'n meer ensiklopediese aanbod van inligting. Hiervoor het die woordeboek heelwat lof van teoretici ontvang. Die mening is egter ook uitgespreek dat die WAT wat leksiko-grafiese funksie betref meer op die kognitiewe funksies, wat veral ensiklopediese inligting behels, moet konsentreer. In reaksie hierop word daar probeer om vas te stel of die WAT vanaf die negen-de deel 'n balans gevind het tussen ensiklopediese en semantiese inligting. Vir hierdie doel word daar gefokus op Wiegand se sienings rondom die hantering van ensiklopediese inligting in verkla-rende woordeboeke asook die meer tradisionele beginsel van komponentontleding.

Sleutelwoorde: ENSIKLOPEDIESE INLIGTING, KOGNITIEWE FUNKSIE, KOMMUNI-KATIEWE FUNKSIE, KOMPONENTONTLEDING, LEKSIKOGRAFIESE FUNKSIE, POLIFUNK-SIONEEL, SEMANTIESE INLIGTING

Journal Identifiers


eISSN: 2224-0039
print ISSN: 1684-4904