Main Article Content

Juta's Concise Dictionary of Accounting Terms with their Afrikaans Equivalents


N Stegmann

Abstract

Die derde uitgawe van die woordeboek is in 1996 saamgestel in 'n tyd toe die standaardiseringsproses van terme in die middel van 'n internasionaliseringsproses was. Die meeste van die Standpunte oor Algemeen Aanvaarde Rekeningkundige Praktyk wat as riglyn vir die rekeningkunde dien, is hersien en in ooreenstemming met die Internasionale Rekeningkundige Standaardekomitee se voorskrifte gebring. Aangesien rekeningkundige terminologie bepaal word deur hierdie Standpunte oor Algemeen Aanvaarde Rekeningkundige Praktyk, is 'n groot aantal van die terme in die woordeboek verouderd. Omdat enige skrywer van 'n rekenkundige handboek weerloos is teen sulke veranderinge, het die resensent probeer om terme te identifiseer wat sedertdien verander het of nie voorheen in die rekeningkunde gebruik is nie. Die woordeboek is 'n nuttige werkboek vir enigeen wat geïnteresseerd is in die terminologie wat in die rekeningkunde gebruik word, maar sal veral bruikbaar wees vir studente wat op hoogte moet kom van die vaktaal van die rekeningkunde.

Sleutelwoorde: unieke posisie, verklarings van algemeen aanvaarde rekenkundige praktyk (gaap), gekodifiseerde gaap, internasionaliseringsproses, verouderde terme, onvoldoende omskrywings, aangepaste omskrywings, nuwe terminologie

Journal Identifiers


eISSN: 2224-0039
print ISSN: 1684-4904