Main Article Content

'n Praktiese benadering tot die samestelling van 'n tweerigtingvakwoordeboek met Afrikaans en Italiaans as taalpaar


F de Foglio

Abstract

Deur die tempo van globalisering op handelsgebied ontstaan daar toenemend 'n behoefte aan tweerigtingvakwoordeboeke. Afrikaans is een van die hooftale in Suid-Afrika, en die landbousektor van die land is oorwegend Afrikaanssprekend. Aangesien een van die outeurs Italiaanssprekend is, by vertaling betrokke is en die leemte aan 'n tweerigtingvakwoordeboek Afrikaans en Italiaans ervaar het, is kriteria bepaal vir die samestelling van so 'n vakwoordeboek op die gebied van die landbou-ekonomie tussen Afrikaans, 'n Germaanse taal, en Italiaans, 'n Romaanse taal. In agtereenvolgende afdelings word die algemene kriteria vir die samestelling van so 'n woordeboek uiteengesit. Daarbenewens word voorafgaande werk wat verrig moet word, bespreek, asook die keuring van materiaal. Ten slotte word, aan die hand van gepaste voorbeelde, die leksikografiese beginsels toegepas. 'n Bylaag wat uit twintig lemmas bestaan, dien as voorbeeld van hoe so 'n vakwoordeboek daar behoort uit te sien.

Sleutelwoorde: afrikaans, italiaans, leksikografie, terminografie, terminologie, tweerigting, tweetalig, vakleksikografie, vakwoordeboek, woordeboek.

Journal Identifiers


eISSN: 2224-0039
print ISSN: 1684-4904