Main Article Content

Logistiek: Die oorsprong, konseptuele ontwikkeling en betekenis daarvan in hedendaagse gebruik


WJ Pienaar

Abstract

Hierdie artikel beskryf die oorsprong van die woord logistiek, stip die ontwikkeling daarvan uit en verklaar die hedendaagse betekenis daarvan. Die ontwikkelingsgang van die begrip word aangedui vanaf die oorsprong daarvan in Grieks, met inagneming van die opeenvolgende opname daarvan in Laat-Latyn, Frans en Nederlands, tot by die huidige gebruik daarvan in Afrikaans. Die vestiging van die Franse logistique as militêre konsep gedurende die Napoleontiese oorloë, en die uitbreiding daarvan tot 'n bedryfsbegrip ná afloop van die Tweede Wêreldoorlog word verduidelik. Die ontwikkelingsgang sedertdien van die betekenis van die konsep in bedryfsverband word bespreek. Eietydse omskrywings van logistiek, betreffende die gebruik daarvan in die bedryfslewe en in die omgangstaal, word verskaf. Vervolgens bied die artikel 'n eietydse definisie van logistiek in bedryfsverband. Ten slotte word aangetoon hoe doeltreffende bedryfslogistiek waarde toevoeg.

Sleutelwoorde: bedryfslogistiek, besitnut, bestuur, diens, doelmatigheid, doeltreffendheid, goedere, grondstof, inligting, kliëntediens, kliëntetevredenheid, logistiek, militêre logistiek, nut, pleknut, produk, tydnut, vormnut, waarde

Journal Identifiers


eISSN: 2224-0039
print ISSN: 1684-4904