Main Article Content

n Voorlopige model vir die sistematiese beskrywing van gebruikersvriendelikheid in woordeboeke


H Beyer

Abstract

Die gebruikersperspektief staan tans sentraal in die leksikografiese gesprek. Dit spruit uit die beginsel dat enige woordeboek in die eerste plek vir gebruik deur 'n bepaalde teikengebruikersgroep bedoel moet wees, en as sodanig moet die woordeboek op daardie gebrui-kersgroep afgestem wees — dit moet gebruikersvriendelik wees. In hierdie artikel word van die standpunt uitgegaan dat die gebruik van 'n woordeboek as 'n kommunikatiewe handeling begryp moet word, wat die geleentheid bied om insigte uit die kommunikasiewetenskap in die metalek-sikografie te benut. Na aanleiding van die algemene kommunikasiemodel vir interpersoonlike kommunikasie wat in die literatuur oor kommunikasiewetenskap voorkom, word 'n leksikogra-fiese kommunikasiemodel voorgestel. Uit hierdie model kan minstens elf leksikografiese para-meters afgelei word aan die hand waarvan gebruikersvriendelikheid in woordeboeke sistematies beskryf kan word. Die struktuur wat hierdie parameters aan 'n gesprek oor gebruikersvriendelik-heid in woordeboeke kan gee, bemiddel die formulering van die ware doel van 'n gebruikers-vriendelike woordeboek.

Sleutelwoorde: gebruik, gebruiker, gebruikersperspektief, gebruikersver-wysingsraamwerk, gebruikersvriendelikheid, kanaal, kommunikasiemodel, konteks, leksikograaf, leksikografiese kommunikasiemodel, medium, meta-teks, stylgids, terugvoer, werklike doel, woordeboek, woordeboekplan

Journal Identifiers


eISSN: 2224-0039
print ISSN: 1684-4904