Main Article Content

'n Kritiese beskouing van woordeboeke met geamalgameerde lemmalyste


DJ Prinsloo

Abstract

Die onlangs gepubliseerde Groot Woordeboek (Afrikaans en Nederlands), ook bekend as ANNA, is die eerste woordeboek met 'n geamalgameerde lemmalys gebaseer op die model van Martin en Gouws (2000). ANNA baan ook die weg vir 'n soortgelyke benadering vir ander nouverwante tale soos die Sothotale en die Ngunitale van Suid-Afrika. Die voor- en nadele van vyf aspekte te wete (a) vergelyking en kontras, (b) gebruikersvriendelikheid, (c) ruimtebesparing, (d) ordening van betekenisonderskeidings en (e) die aanbod van 'n afsonderlike grammatikale kompendium word krities beskou. Die beginsels waarop amalgamering berus, die tersaaklike lemmatipes, asook enkele kenmerke van die model word vooraf kortliks bespreek.

Sleutelwoorde: geamalgameerde lemmalys, verwante tale, oortolligheid, Anna, tweetalige woordeboek, afrikaans, nederlands, inligtingskoste, Sisteemkoste


Journal Identifiers


eISSN: 2224-0039
print ISSN: 1684-4904