Main Article Content

Die mishandelde vrou in die strafreg: 'n regsvergelykende ondersoek


JL Matthee

Abstract

Male killing is about power and control. Women killing abusers is about avoiding power and control … Women do not often kill from anger, while anger is what fuels many male killings.
Oliver Quick en Celia Wells

Gesinsgeweld bestaan sedert die man en vrou begin het om saam te leef. Gesinsgeweld is diep gewortel in die Suid-Afrikaanse gemeenskap en het traumatiese newe-effekte op die slagoffers daarvan. Gesinsgeweld is geslag-spesifiek deurdat dit meestal geweld deur mans teenoor vroue behels. Daar word beraam dat 18% tot 25% van Suid-Afrikaanse vroue aan mishandeling binne 'n intieme verhouding onderwerp word. Vir vroue is die risiko om deur 'n lewensmaat gedood te word ook veel hoër as vir mans.


Journal Identifiers


eISSN: 1727-3781