Main Article Content

'n Vergelyking van braaikuikenprestasies op gemaalde en ongemaalde graansorghum-gebaseerde diete


G M Schutte
G A Smith

Abstract

A comparison or broiler performances on milled and unmilled sorghum-based diets. This study was undertaken to determine whether it is essential to mill sorghum before it is included in broiler diets. Remarkable savings can be achieved if unmilled sorghum could be included in broiler diets without a detrimental effect on live mass-gain or feed efficiency. It was found that unmilled sorghum significantly reduced feed efficiency during the initial growth period of 0-21 days. The broilers, however, compensated fully for this shortfall during the finishing period. When broilers were slaughtered at 42 days of age, unmilled sorghum in the diets had no significant effect on broiler production in terms of live mass-gain or feed efficiency. Although not statistically significant, there was a tendency towards a higher live mass in broilers fed the unmilled sorghum diets. 

Hierdie studie is uitgevoer ten einde te bepaal of dit noodsaaklik is dat graansorghum gemaal moet word alvorens dit in braaikuikendiete ingesluit word. 'n Aansienlike kostebesparing kan in die hand gewerk word indien graansorghum in die ongemaalde vorm in braaikuikendiete ingesluit sou kon word. Alhoewel 'n swakker doeltreffendheid van voerverbruik met die ongemaalde sorghumdieet gedurende die aanvangsfase verkry is, het die braaikuikens gedurende die afrondingsfase vir die agterstand gekompenseer. Waar braaikuikens op 42-dae-ouderdom geslag is, het ongemaalde sorghum in die dieet geen betekenisvolle invloed op produksie in terme van massatoename en voeromset gehad nie. Ongemaalde sorghum kon dus gemaalde sorghum volledig in kommersiele braaikuikendiete vervang. Alhoewel nie statisties-betekenisvol nie, is daar 'n tendens dat hoer massatoenames op ongemaalde diete gerealiseer word.

Keywords: Sorghum, milled, unmiled, broilers


Journal Identifiers


eISSN: 2221-4062
print ISSN: 0375-1589