Main Article Content

Vergelyking van verrykte gars, koring, triticale en mielies vir die afronding van vroegspeenlammers


A.A. Brand
S.W.P. Cloete

Abstract

Comparison of enriched barley, wheat, triticale and maize for the fattening of early-weaned lambs. Alkali-ionophore enriched barley, wheat, triticale and maize were evaluated as diets for the fattening of early-weaned (ca 10 weeks) SA Mutton Merino lambs kept under feedlot conditions. Commercially available lamb pellets were obtained from two companies and used as control in two separate experiments. The in vitro organic matter digestibilities of the enriched small grains were markedly higher than those of lamb pellets, as expected. In the first experiment, the voluntary intake of enriched small grains was 26-43% lower (P ≤ 0,05), compared to lamb pellets. In this experiment, the voluntary intake on enriched maize was approximately 21% lower (P ≤ 0,05), compared to enriched small grains. A similar tendency was observed in the second experiment, but the only significantly (P ≤ 0,05) lower intake was obtained on enriched maize when compared to lamb pellets. In Experiments 1 and 2, the average daily gain of lambs on enriched maize was respectively 54 and 46% lower (P ≤ 0,05) than on lamb pellets. The average feed conversion ratio (FCR) of lambs on enriched grains and lamb pellets did not differ, but tended (P ≈ 0,08) to be poorer on enriched maize than on enriched barley and triticale. The lower voluntary intake and resultant slower growth rates on enriched small grains may be a disadvantage when these are used as fattening rations for lambs under certain circumstances. Seen against the background of grain surplusses in the Republic of South Africa and in the rest of the world, and the favourable FCR of enriched barley and triticale, these small grains may be used with economic benefit for the intensive fattening of sheep.

Alkali-ionofoor-verrykte gars, koring, triticale en mieliepitte is as afrondingsrantsoene vir vroeggespeende (ong. 10 weke) SA Vleismerinolammers onder voerkraaltoestande, geëvalueer. Kommersieel-beskikbare lamkruipkorrels is vanaf twee maatskappye verkry en in twee afsonderlike eksperimente as kontrole ingesluit. Soos verwag, was die in vitro organiese materiaal verteerbaarheid van die verrykte grane aansienlik hoër as dié van lamkruipkorrels. Die vrywillige inname van die verrykte grane was in die eerste eksperiment 26 tot 43% laer (P ≤ 0,05) as by die lamkruippille. Die vrywillige inname op die verrykte mielies was ongeveer 21% laer (P ≤ 0,05) as by die verrykte kleingrane. 'n Ooreenstemmende tendens is in die tweede eksperiment waargeneem, maar slegs die verskil ten gunste van lamkruipkorrels in vergelyking met verrykte mielies was betekenisvol (P ≤ 0,05). Die gemiddelde daaglikse toename van die lammers op verrykte mielies was in Eksperimente 1 en 2 onderskeidelik 54 en 46% laer (P ≤ 0,05) as by lamkruippille. Die gemiddelde voeromsettingsverhouding (VOV) op die onderskeie rantsoene het nie betekenisvol verskil nie, maar het swakker geneig (P ≈ 0,08) op verrykte mielies in vergelyking met verrykte gars en triticale. Die laer vrywillige inname, en gevolglike stadiger groeitempo, op verrykte kleingrane kan onder sekere toestande die gebruik daarvan in voerkraalrantsoene vir lammers beperk. Teen die agtergrond van wêreldwye en plaaslike graansurplusse, sowel as die gunstige VOV op verrykte gars en triticale, word voorsien dat hierdie kleingrane met ekonomiese voordele vir die afronding van voerkraallammers aangewend kan word.

Keywords: Barley, growth, lambs, maize, triticale, voluntary intake,
wheat.


Journal Identifiers


eISSN: 2221-4062
print ISSN: 0375-1589