Main Article Content

Onbehandelde, natriumhidroksied- en formaldehiedbehandelde voelproefgraansorghum as energiebron in die diete van braaikuikens


G M Schutte
G A Smith

Abstract

Untreated, sodium hydroxide- and formaldehyde-treated birdproof grain sorghum as energy source in broiler diets. A comparative study was undertaken with broilers to evaluate the nutritional value of sodium hydroxide (NaOH)- and formaldehyde(HCHO)-treated birdproof sorghum as the primary energy source in the diet. It was established that tannic acid in the birdproof sorghum could be effectively destroyed by NaOH and HCHO treatments. The live mass-gain of the birds up to 21 days of age was improved by 12% and 9% respectively by the NaOH and HCHO treatments. Feed efficiency in both treatments was improved by 7%, despite the fact that both treatments caused amino acid damage. The optimum treatment level is thus delicately positioned between the destruction of the tannic acid and the damage done to the amino acid. 

'n Vergelykende studie is met braaikuikens uitgevoer om die voedingswaarde van natriumhidroksied(NaOH)- en formaldehied(HCHO)-behandelde voelproefgraansorghum as primere energiebron in braaikuikendiete te evalueer. Die bevindings van die studie dui daarop dat die tanniensuurinhoud van die voelproefgraansorghum effektief verlaag kan word deur die behandeling met beide NaOH en HCHO. Die liggaamsmassatoename van die kuikens tot op 21-daeouderdom is onderskeidelik met 12% en 9% vir die NaOH- en HCHO-behandelings verhoog. In beide behandelings is die doeltreffendheid van voerverbruik met 7% verbeter, ten spyte van die nadelige invloed wat die behandelingsprosesse op die benutbaarheid van die aminosure uitgeoefen het. 'n Delikate balans tussen die beskadiging van aminosure en die vernietiging van tanniensuur moet dus gehandhaaf word om 'n optimale behandeling te verkry.

Keywords: Birdproof sorghum, high tannin sorghum, NaOH treatment, HCHO treatment, broilers


Journal Identifiers


eISSN: 2221-4062
print ISSN: 0375-1589