Main Article Content

Geslagsaktiwiteit van Romanov-Karakoelkruisings onder ekstensiewe toestande


D.A. Boshoff
F.J.L. Burger
J.A. Cronje

Abstract

Gedurende 1973 is 87,5 x 12,5 en 75 x 25% Romanov-Karakoelkruisings tweekeer per dag getoets ten einde die teelseisoen, anestrus, die lengte van die estrussiklus en estrusperiode te bepaal. Die gemiddelde aantal ovulasies per ooi is d.m.v. laparotomie gedurende Mei vasgestel. Die proef is onder kraaltoestande uitgevoer waar'n onderhoudsrantsoenaan die diere verskaf is. Die proef is gedurende 1974 herhaal met 50 x 50 en 25 x 75 % Romanov-Karakoelkruisings. Puberteit is ook by die 87,5 % en 75% Romanovkruisings bepaal deur hulle vanaf 60 dae ouderdom tot aan die einde van die eerste teelseisoen tweekeer. per dag vir bronstigheid te toets. Al die kruisings wat ondersoek is, het 'n streng afgebakende teelseisoen geopenbaar wat vanaf die helfte van Januarie tot Augustus strek. Die res van die jaar kom 'n diep anestrus voor waartydens nie meer as gemiddeld 17,9% van die moontlike estrussiklusse per maand voorgekom het nie. Die gemiddelde lengte van die estrussiklus was nie verskillend van die van die Karakoel nie, maar die estrusperiode was betekenisvol langer. Die ovulasietempo (eiselle/ooi/estrusperiode) het afgeneem vanaf 2,2 in die 87,5 % Romanov's tot 1,4 in 25 % Romanov's. Puberteit het ongeveer twee maande voor die suiwer Karakoele by die Romanov-kruisings voorgekom.

English Title: Sexual activity of Romanov-Karakul crosses under semi-arid conditions

English Abstract

During 1973 87,5 x 12,5 and 75 25% Romanov - Karakul crosses were tested twice daily by vasectomized rams in order to determine their breeding season, anoestrous period, the length of the oestrous cycle and the duration of oestrus. During May the ovulation rate was recorded by laporatomy. The experiment was carried out with penned ewes on a maintenance ration. The procedure was repeated during 1974 with 50 x 50 and 25 x 75 % Romanov - Karakul crosses. Puberty was also determined in the 87,5 % and 75 % Romanovs by testing them twice daily for first oestrus and determining body mass at first oestrus. This was done from 60 days of age until the end of the first breeding season. All the crosses displayed oestrous activity from middle January to August. A deep anoestrus existed from September to the first half of January during which no more than 17,9 % of the possible oestrous cycles were exhibited. The length of the oestrous cycle did not differ from the Karakul but the oestrous period was significantly longer. The ovulation rate (number of ova/ewe/oestrus> decreased from 2,2 in the 85% Romanovs to 1,4 in the 25% Romanovs. Puberty occurred some two months before purebred Karakuls in the two crosses evaluated.



Journal Identifiers


eISSN: 2221-4062
print ISSN: 0375-1589