Main Article Content

Some observations on the effect of grass-seed penetration On the growth and carcase quality of weaner lambs


P le Roux

Abstract

Rhodesie kan gerieflikheldshalwe in drie streke verdeel word wat nou saamval met die jaarlikse reenval. Die hoe reenvalstreek (760mm) het n grasveld wat hoofsaaklik uit Hyparrhenia-veld bestaan maar Heteropogon contortus kom voor in sekere lokaliteite. Die matige reenvalstreek (500 to 760 mm) het n grasveld wat hoofsaaklik uit Heteropogon contortus beestaan. Die lae reenvalstreek(250 tot 500mm) bestaan uit gemengde grasveld (Kaart 1). Al drie streke is bebos maar onbeboste gedeeltes kom in die eersgenoemde twee streke voor. Grassaad van die spesie H. contortus dring deur die vel van wolskape en indien in groot hoeveelhede aanwesig, is die karkas onaantreklik. Absesse kan voorkom en alvorens n karkas gegradeer word, word alle grassade verwyder. Afhangende van die hoeveelheid grassade teenwoordig kan n karkas nietemin afgegradeer word (Table 1), as n direkte gevolg van die verwydering van die grassade. Uit die resultate van hierdie ondersoek is dit duidelik dat grassade groei van lammers nadelig belnvloed het; slegs 25 grassade wat die vel deurdring het, het die daaglikse gewigstoename van speenlammers met 44% laat daal (Fig. 1). Dit is ook gevind dat die grassade die uitslagpersentasie nadelig beinvloed (Fig. 2). Die velle van diere wat deur grassaadindringing benadeel is, is beskadig want in die looiproses word die sade verwyder en klein gaatjies kan gesien word in die eindproduk. 

Approximately 50% of Rhodesia is covered by veld types of which Heteropogon contortus constitutes a significant portion of the grazing. If sheep other than the smooth coated indigenous types are introduced in these areas, the seeds of H contortus, through hydroscopic action, penetrate the skin and if present in any numbers, may render the carcuse unattractive and cause festering. The dressing out percentage is also lowered, and a carcase with a great number of grass seeds may be downgraded if excessively trimmed. The value of the skin is also affected because of damage by grass seeds. Twenty-five grass seeds which have penetrated the skin are sufficient to reduce the daily grain of a lamb by 44 per cent from weaning in March to slaughter in June. 


Journal Identifiers


eISSN: 2221-4062
print ISSN: 0375-1589