Main Article Content

The African tradition of initiation and circumcision: a curse or cure in South Africa?


C Twala

Abstract



Die Afrika-tradisie van inisiasie en besnydenis: vloek of kuur in Suid-Afrika?Tradisionele gebruikte soos inisiasie en besnydenis weerspieël die norme en gewoontes van
gemeenskappe wat oor geslagte strek. Elke sosiale groepering in die wêreld het spesifieke
kulturele norme en gewoontes. Suid-Afrikaanse gemeenskappe is geen uitsondering nie. In
Suid-Afrika is tradisionele gebruike soos inisiasie en besnydenis reeds deur ons voorvaders
beoefen, en is dit deur die eeue van geslag tot geslag oorgedra. Eerstens handel die artikel oor sowel die omstredenheid rondom die belangrikheid van inisiasie en besnyding in Suid-Afrika, as die toekoms van die tradisie. Tweedens word gefokus op die mate waartoe hierdie tradisie as 'n belangrike aspek van die Afrika-kultuur bewaar en beskerm behoort te word. Die artikel wys ook op die verskillende sienings van die onderskeie rolspelers in die wenslikheid van die voortbestaan van die tradisie, in die lig van die hoë syfer inisiasie-sterftes in besnydenisskole.

Keywords: inisiasie; besnyding; tradisioneele geneser; inisiandi; besnydenissskool; Afrikakultuur

South Africa Journal of Cultural History Vol. 21 (1) 2007: pp. 22-33

Journal Identifiers


eISSN: 1011-3053