Main Article Content

Entering The Ballroom: A History Of Ballroom Dancing In South Africa To The Mid Twentieth Century


A Green

Abstract



Die geskiedenis van baldanse in Suid-Afrika tot die middel van die twintigste eeu
Baldanse is 'n gewilde tydverdryf in die een-en-twintigste eeu.
Hoewel baldanse na die veertiende eeu terugdateer, is die huidige baldanstegniek eers kort voor die Tweede Wêreldoorlog (1939-1945) gestandaardiseer. Baldanse het in die vroeë twintigste eeu 'n bloeitydperk beleef toe meer mense as ooit tevore dit beoefen het. Ook in Suid-Afrika het dié “ingevoerde danse” 'n populêre tydverdryf geword. Hierdie artikel gee 'n kort oorsig oor die vroeë geskiedenis van baldanse in Suid-Afrika van die konloniale tydperk tot en met die eerste helfte van die twintigste eeu. Inleidend word kortliks gekyk na die beperkte aandag wat baldanse in Suid-Afrikaanse literatuur geniet. Die artikel fokus op diegene wat by baldanse in Suid-Afrika betrokke was en die redes waarom hulle so graag wou dans; asook die oorsake wat uitheemse baldanse so 'n gewilde plaaslike aktiwiteit gemaak het. Aandag word ook gegee aan daardie mense wat – as gevolg van klas, danstegniek of die wet – nie toegang tot die formele dansvloer gehad het nie. Die artikel poog om bewys te lewer dat die belangrikheid van baldanse en die gewildheid daarvan rasse- en kulturele skeidings in Suid-Afrika kon oorbrug, in so 'n mate dat
dit 'n integrale tydverdryf vir party klasse van verskeie groepe kon word.

Keywords: Baldanse, goeweneur-generaals, tydverdryf, klubs

South Africa Journal of Cultural History Vol. 21 (1) 2007: pp. 93-109

Journal Identifiers


eISSN: 1011-3053