Main Article Content

Songs about the Anglo-Boer War: Past and present


C Steyn

Abstract



Liedere oor die Anglo-Boereoorlog: verlede en hede:
Die Dordrecht-versameling in die Nasionale Kultuurhistoriese Museum in Pretoria sluit 'n groot aantal stukke bladmusiek in wat tydens die Anglo-Boereoorlog en oor die Anglo-Boereoorlog geskryf is, maar deur mense wat nie by die oorlog betrokke was nie; hoofsaaklik mense wat in Europa en die Verenigde State van Amerika gewoon het. Dié bladmusiek is min bestudeer en is van weinig musikale waarde, maar, vanweë die betekenis wat hulle oordra, hulle outentisiteit, en hulle uitvoerings- en ontvangsgeskiedenis, is hulle van groot kultuurhistoriese belang. In 2006 en aan die begin van 2007 het 'n lied oor die Anglo-Boereoorlog, wat geskryf is deur mense wat nie by die Anglo-Boereoorlog betrokke was nie, groot belangstelling in Suid-Afrika gewek: De la Rey. Hierdie lied, soos baie van dié van meer as 'n eeu gelede, dra die naam van 'n Boeregeneraal, en is nie van groot musikale waarde nie. Dit is van groot kultuurhistoriese belang vanweë die talle verskillende betekenise wat daaraan toegeskryf is, die outentisiteit daarvan, en die uitvoerings- en ontvangsgeskiedenis daarvan. Sowel 'n aantal uitgesoekte
stukke bladmusiek wat tussen 1899 en 1902 gekomponeer en gepubliseer is, as die lied De la Rey, word in hierdie artikel bespreek.

Keywords: Anglo-Boereoorlog, bladmusiek, Dordrecht-versameling, President Kruger, Generaal De la Rey, Bok van Blerk, betekenis, outentisiteit, uitvoering

South Africa Journal of Cultural History Vol. 21 (2) 2007: pp. 1-27

Journal Identifiers


eISSN: 1011-3053