Main Article Content

Annotating Percival Kirby's autobiography concerning his studies at the Royal College of Music in London, 1910-1913


H van der Mescht

Abstract



Die annotering van Percival Kirby se outobiografie betreffende sy studie by die
Royal College of Music in Londen, 1910-1913:
In hierdie artikel word Kirby se uitsprake (aangebied in sy outobiografie, Wits End) aangevul deur die gebruik van materiaal wat in die argief van die Royal College of Music in Londen beskikbaar is. Kirby (1887-1970) het tussen September 1910 en Desember 1913 daar studeer. Hy was 'n keteltromspeler in die College-orkes onder Charles Villiers Stanford en aan 'n baie groot verskeidenheid komposisies en persone blootgestel. Meer agtergrond word verskaf oor party van sy medestudente wat in Wits End genoem word (Aubrey Brain, Leonard Carrodus, James Friskin, Eugene Goossens, Arthur Hedges, Philip Levine, John Snowden en E. Douglas Tayler) en sy onderwysers (Lewis Barrett, Hubert Parry, Frederick J. Read, Stanford en Daniel S. Wood). Kirby het later 'n professor in Musiek aan die Universiteit van die Witwatersrand geword. Hierdeur het hy 'n deurslaggewende rol in die ontwikkeling van sowel klassieke as inheemse musiek in Suid-Afrika gespeel.

Keywords: Lewis Barrett; Aubrey Brain; Leonard Carrodus; James Friskin; Eugene
Goossens; Arthur Hedges; Percival Kirby; Philip Levine; Hubert Parry; Frederick J. Read; Royal College of Music; John Snowden; Charles Villiers Stanford; E. Douglas Tayler; Universiteit van die Witwatersrand; Daniel S. Wood.

South Africa Journal of Cultural History Vol. 21 (2) 2007: pp. 159-183

Journal Identifiers


eISSN: 1011-3053