Main Article Content

Some South African connections among students at the <i>Stern'sches Conservatorium der Musik</i> in Berlin, 1850-1914


H van der Mescht

Abstract



Suid-Afrikaanse verbintenisse onder studente by die Stern'sches Conservatorium der Musik in Berlyn, 1850-1914:
Die doel van die navorsing was om vas te stel of enige Suid-Afrikaanse studente aan die bekende Stern-Konservatorium in Berlin studeer het in die tydperk tussen die stigting daarvan in 1850 en die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog in 1914. Inligting kan slegs verkry word uit die jaarverslae wat tans in die argief van die Hochschule der Künste in Berlyn geberg word. Ander dokumente (studenterapporte en briewe aan en van studente) het verlore gegaan. Die bevinding is dat altesaam 28 studente van Suid-Afrikaanse oorsprong was, insluitende een uit Namibië. Hierdie studente het dikwels Duitse vanne gehad, was met een uitsondering vroulik, het van 'n groot verskeidenheid plekke in Suid-Afrika gekom, en het gewoonlik klavier as hoofinstrument studeer – maar ook viool, sang en teorie. Berlyn het in daardie tyd 'n buitengewone aktiewe kultuurlewe gehad. Die studente sou dus blootgestel word aan 'n verbasende verskeidenheid inspirerende uitvoerings deur hulle onderwysers, medestudente, Berlynse musici en besoekende kunstenaars. Die Nederlandse student Albertha Tideman-Wijers is uitsonderlik, aangesien sy later Afrikaanse gedigte van Elisabeth Eybers getoonset het.

Keywords: Berlyn, Minnie Baettenhausen, May Boessl, Inez Borgström, Margaret Brenner, Ella Burmester, Elise Anna Büttner, Nancy de Villiers, Sophie Adelheid Franz, Beatrice Hanau, Frieda Hoffmann, Dearly Horwitz, Annie Jacobsohn, Lili Krause, Elsa Leviseur, Margar. Lindhorst, May/Mary Mitchell, Rosaline Movshon, Agnes Müller, Helene Müller, musiekstudente, Namibië, Rosa Prestwich, Blanche Shaw, Stern- Konservatorium, Suid-Afrika, Rosine Sullivan, Jeanette Thies, Albertha Wilhelmina Tideman-Wijers, Christ. van der Merwe, Johanna (Joan) van Niekerk, Alice Welchmann, Elsb. Winkelmann

South Africa Journal of Cultural History Vol. 22 (1) 2008: pp. 136-162

Journal Identifiers


eISSN: 1011-3053