Main Article Content

The Medieval Armenian Hymnal in Pretoria: A significant and problematical manuscript


C Steyn

Abstract



Die Middeleeuse Armeense gesangeboek in Pretoria: 'n merkwaardige en
problematiese manuskrip:
Die Middeleeuse Armeense gesangeboek in die Nasionale Kultuurhistoriese Museum
in Pretoria, wat moontlik so vroeg as die dertiende eeu gedateer kan word, is feitlik
heeltemal onbekend. Dit was oorspronklik 'n volledige genoteerde Armeense gesangeboek (sharakan) maar is herbind voordat dit na Suid-Afrika gekom en in 1897 deur president Kruger gekoop is. In die proses het die blaaie deurmekaar geraak en 'n paar het verlore gegaan. Dit is nietemin 'n merkwaardige manuskrip omdat president Kruger dit by 'n Armeniër gekoop het wat van die moord op Armeniërs in Turkye gevlug het, kort voordat ook hý sy land moes verlaat. Verder is die manuskrip ook uniek, gesien in die lig van die vroeë datum daarvan en dat dit in Suid-Afrika voorkom, waar geen ander Armeense en baie min Westerse Middeleeuse manuskripte voorkom. Hierdie artikel ondersoek en beskryf die manuskrip in besonderhede en plaas dit in konteks met ander Armeense gesangeboeke. Dit is op grond van die styl van die skrif, die notasie en veral die inligting in 'n kolofon gedateer.

Keywords: Armenië, gesangeboek, gesang, President Kruger, Middeleeus, manuskrip, skrif, kolofon, notasie, Nasionale Kultuurhistoriese Museum

South Africa Journal of Cultural History Vol. 22 (1) 2008: pp. 186-203

Journal Identifiers


eISSN: 1011-3053