Main Article Content

The British Museums Association, The Carnegie Corporation and museums in South Africa, 1932-1938: An overview


E Grobler
F Pretorius

Abstract



Die Britse Museumsvereniging, die Carnegie Corporation en museums in Suid-
Afrika, 1932-1938: 'n Oorsig:
Dié artikel handel oor 'n ondersoek na die betrokkenheid van twee buitelandse instellings by 'n opname oor Suid-Afrikaanse museums in die 1930's. Die opname is deur die publikasie van 'n verslag en 'n museumgids gevolg in 'n tydperk waarin weinig of geen museumliteratuur in Suid-Afrika veral verskyn het. Die verslag het 'n wye verskeidenheid aspekte rakende museums gedek – van die administrasie, uitstallings, navorsing en die publiseer van navorsingsresultate, personeelsake, tot selfs taksidermie (in daardie stadium 'n belangrike aspek van museumwerk) en geboue. Een van die belangrikste aanbevelings van die verslag was dat samewerking tussen museums behoort te verbeter. Die gevolg was die stigting van die Suider-Afrikaanse Museumsvereniging in 1936. Die verslag het ook die belangrikheid van die opvoedkundige funksie van museums beklemtoon, met die gevolg dat verskeie museums hulle opvoedkundige dienste deur middel van toekennings kon uitbrei. Museumpublikasies het ook gebaat en het uiteindelik tot gevolg gehad dat 'n kommissie van ondersoek na museums deur die regering aangestel is.

Keywords: Carnegie, Andrew; Carnegie Corporation; Miers, Sir Henry; Markham, Sydney Frank; British Museums Association; museumgids; museumopname; SAMA;
SAMAB; Suider-Afrikaanse Museumsvereniging

South Africa Journal of Cultural History Vol. 22 (2) 2008: pp. 54-65

Journal Identifiers


eISSN: 1011-3053