Main Article Content

Some South African connections among students at the Stern'sches Conservatorium der Musik in Berlin, 1914-1939


H van der Mescht

Abstract



Suid-Afrikaanse verbintenisse onder studente by die Stern'sches Conservatorium
der Musik in Berlin, 1914-1939:
Die artikel poog om vas te stel of Suid-Afrikaanse studente tussen 1914 en 1939 aan die
Stern-Konservatorium in Berlyn studeer het. Hierdie datums word begrens deur die uitbreek van die twee wêreldoorloë. Weens tragiese omstandighede het die persoonlike dokumente van die studente verlore gegaan. Ons besit slegs die onvolledige stel jaarverslae van die Konservatorium. Ten spyte van hierdie belangrike leemtes kon agt Suid-Afrikaners geïdentifiseer word: Elise Anna Büttner (van Suidwes-Afrika, nou Namibië, wat skoolmusiek en viool studeer het), Dora Levy (Kimberley, klavier), Erika Dold (Kaapstad, sang), Clarissa Sale (Benoni, klavier), Käthe Rothe (Grootfontein, sang en klavier), Ernst Stone (Kaapstad, klavier), Elisabeth Myburgh (Zastron, klavier) en Grace de Kock (Pretoria, orkesspel, kamermusiek en hobo). Hierdie inligting toon soortgelyke tendense as dié van vorige stadiums by die Stern-Konservatorium: die studente het van 'n groot verskeidenheid plekke in Suid-Afrika gekom, was gewoonlik vroulik, en het omtrent uitsluitlik klavier as hoofinstrument geneem.

Keywords: Berlyn, Elise Anna Büttner, Grace de Kock, Erika Dold, Dora Levy, musiekstudente, Elisabeth Myburgh, Namibië, Käthe Rothe, Clarissa Sale, Suid-Afrika, Stern-Konservatorium, Ernst Stone

South Africa Journal of Cultural History Vol. 22 (2) 2008: pp. 107-125

Journal Identifiers


eISSN: 1011-3053