Main Article Content

“O, Boereplaas, geboortegrond!” Afrikaner nostalgia and the romanticisation of the platteland in post-1994 South Africa


D van Zyl

Abstract



“O, Boereplaas, geboortegrond!” Nostalgie en hunkering na die platteland onder
Afrikaners in post-1994 Suid-Afrika:
Sedert die demokratisering van Suid-Afrika (1994) blyk 'n gevoel van sentimentele smagting na die platteland toenemend onder Afrikaners voor te kom. Hierdie versugtinge stel die plattelandse lewe as heilsaam, eenvoudig en deugsaam voor, en dit blyk dat Afrikaners smag na die waardes en sekuriteit wat hulle met dié beeld van die platteland assossieer. Gevolglik beleef Suid-Afrika se plattelandse eiendomsmark tans ongekende groei namate hierdie romantiese voorstellinge stedelinge na die platteland lok. Agritoerisme en die bewustelike bemarking van plattelandse dorpies getuig ook van dié tendens. Hierdie artikel ondersoek verskillende uitinge van dié terugverlange binne die milieu van politieke, ekonomiese en kulturele transformasie waarbinne Afrikaners sedert 1994 tereg moet kom.
Hierdie ontwikkelinge word beskou in terme van nostalgie as 'n spesifieke vorm van herinnering en word gevolglik in verband gebring met Afrikaners se kollektiewe mentaliteit. Teoretiese insigte aangaande die aard van nostalgie word op die verskynsel van Afrikaner-nostalgie toegepas deur verskillende kulturele tekste te ontleed. Eerder as om slegs die aard van Afrikaner-nostalgie te beskryf, word die kontekstuele funksie daarvan verken deur die prosesse wat die ontwikkeling daarvan onderskraag, te identifiseer en bloot te lê.
Hier word nie beweer dat ander Suid-Afrikaners nie ook 'n spesifieke affiniteit vir die platteland openbaar nie, maar wel dat ander gemeenskappe se mentaliteit rakende die platteland kwalitatief van dié van Afrikaners verskil. Gevolglik is die fokus hier beperk tot die rol van die platteland in Afrikaner-mentaliteit. Sodoende word gepoog om insig te verkry in die historiese ervaringe en selfverstaan van dié unieke gemeenskap sedert die koms van demokrasie in Suid-Afrika.

Keywords: Afrikaners, Suid-Afrika, apartheid, platteland, nostalgie, identiteit, kollektiewe mentaliteit, groepsmentaliteit, historiese bewussyn

South Africa Journal of Cultural History Vol. 22 (2) 2008: pp. 126-148

Journal Identifiers


eISSN: 1011-3053