Main Article Content

Die burger weer op kommando: Die 1914-staking aan die Rand


R Geyer

Abstract

In Januarie 1914 het ’n algehele industriële staking in die Unie van Suid-Afrika uitgebreek en die Unieverdedigingsmag sou vir die eerste keer sedert sy ontstaan operasioneel aangewend word om die staking te onderdruk. Die Staande Mag van die Unieverdedigingsmag was nog nie gereed om die staking op sy eie te onderdruk nie en gevolglik is die kommando’s van die Burgermagreserwes vir diens opgekommandeer. Die Unieregering het gereken op baie van die gewone burgers wat in die Anglo- Boereoorlog in kommando’s geveg het, se ondersteuning en deelname om die staking te onderdruk. Die tradisionele kommandostelsel van die voormalige Boererepublieke sou dus vlugtig met die 1914-staking herleef. Dié artikel fokus op die ervaringe en omstandighede van die kommandolede tydens ontplooiing in Januarie 1914, aangesien dit ’n  belangrike aspek van die sosiaal militêre geskiedskrywing in Suid-Afrika is. Onderwerpe soos mobilisasie, voorrade, vervoer, dissipline, asook demobilisasie en kompensasie werp dus lig op die ervaringe en omstandighede van gewone burgers o p kommandodiens tydens die staking.

Sleutelwoorde: Afrikaner; burger; kommando; militêre geskiedenis; operasionele o ptrede; Rebellie; staking; Unieverdedigingsmag

"Then de la rey [sic] rode into the Rand with his commando’s.
The shadow of the burgher lay over Johannesburg."


Journal Identifiers


eISSN: 1011-3053