Main Article Content

Verwysings na die woordtekste van Afrikaanse volksliedere in die roman Agaat van Marlene van Niekerk


H van der Mescht

Abstract

Marlene van Niekerk se roman Agaat (2004) het baie literêre pryse gewen, onder andere die Hertzogprys, en is in Engels en Nederlands vertaal. Tydens die verloop van die roman word daar baie verwysings na musiek gemaak, hetsy gewyde, klassieke, populêre of Afrikaanse volksliedere. In die artikel word aanhalings uit die woordtekste van Afrikaanse volksliedere (meesal uit Die F.A.K.-Volksangbundel) bespreek. Hierdie verwysings word dikwels deur die hoofkarakter Agaat gebruik wanneer sy werk met Milla, haar bedgebonde meesteres, wat sy nou moet versorg tydens Milla se laaste dae. Die verwysings word meesal op ’n ironiese, onsensitiewe en wrede manieraangewend. Hierdeur toon Agaat die wrewel wat sy teenoor Milla voel. Party lawwe aanhalings van Afrikaanse volksliedere gee egter ook aan die hoofkarakters Agaat en Milla verligting van die moeilike omstandighede waarin hulle hulle bevind. Deur die voortdurende aanhaling word die  Afrikaanse kulturele milieu waarin die roman afspeel, verhelder.

Sleutelterme: Afrikaanse volksliedere, Agaat, Die F.A.K.-Volksangbundel, Marlene van Niekerk, verwysings


Journal Identifiers


eISSN: 1011-3053