Main Article Content

Vele wonings: die lewe en tuistes van Catharina van Paliacatte


SW le Roux

Abstract

Catharina van Paliacatte het op 21 Februarie 1657 in Tafelbaai aangekom nadat sy “vir ewig” uit Batavia verban is. Dit was dieselfde dag dat Jan van Riebeeck die aard van die verversingspos vir altyd verander het deur grond aan Vryburgers toe te ken. Sy was ’n kleurryke fi guur en die feit dat sy toe een van slegs ses of sewe ongetroude vrouens aan die Kaap was, het verskeie verhoudings tot gevolg gehad wat op hulle beurt aanleiding daartoe gegee het dat sy een van die belangrikste stammoeders van verskeie families in Suid-Afrika geword het. Mansell Upham het in 1997 ’n studie oor haar lewe gemaak.1 Hier word dieselfde bronne herbesoek, ander en verdere afl eidings gemaak en gepoog om ook die plekke waar  sy gewoon het, piktoraal op te roep. Soos die lewe van haar vriendin, Angela van Bengale oor wie baie  geskryf is, verdien hare ook ’n wye leserskring.

Sleutelterme: Angela van Bengale, Anthonie van Bengale, Bandiet, Banneling, Batavia, Catharina van Paliacatte, Christoffel Snyman, Peter Everaert, Pulicat, slaaf, VOC


Journal Identifiers


eISSN: 1011-3053