Main Article Content

Drie vroeë Afrikaanse rolprente (1938-1949) as uitdrukking van die sosiale gewete van die Afrikaner


A van Staden
K Sevenhuysen

Abstract

Three early Afrikaans films (1938-1949) as expression of the social conscience of the Afrikaner
This article investigates the origin and early development of the Afrikaans fi lm industry and focusses especially on how certain contemporary ideologies, which were portrayed in the fi lms, formed the basis of the social conscience of the Afrikaner. Three fi lms – Die Bou van ’n Nasie (1938), Simon Beyers (1947) en Kom saam vanaand (1949) – which were produced during these early years, were watched in an attempt to identify the charactertistics of the social conscience of the Afrikaner, using
the explanation thereof by C.C. Nepgen. The characteristics that were looked at were religiousness, conservatism, worthiness, rural realism and cunning. The infl uence of prevailing ideologies, underlying these characteristics, was also identifi ed. In this article, the quality of the three fi lms was not evaluated, but an investigation was done into what these fi lms achieved or tried to achieve within the Afrikaner community. The focus is also on the signifi cance of these fi lms within the Afrikaner community. In conclusion, the value of these fi lms and of research conducted on them, will also be indicated.

Hierdie artikel ondersoek die onstaan en vroeë ontwikkeling van die Afrikaanse rolprentbedryf en fokus veral op hoe sekere tydgenootlike ideologieë wat in die rolprente uitgebeeld word, die grondslag van die Afrikaner se “sosiale gewete” gevorm het. Daar is na drie rolprente1 – Die Bou van ’n Nasie (1938), Simon Beyers (1947) en Kom saam vanaand (1949) – wat in hierdie vroeë tyd vervaardig is, gekyk in ’n poging om, aan die hand van C.C. Nepgen se uiteensetting, die eienskappe van die
sosiale gewete van die Afrikaner te identifi seer. Die eienskappe waarna gekyk is, is godsdienssin, konserwatisme, waardigheidsbesef, landelike realisme en slimmigheid. Die invloed van heersende ideologieë onderliggend aan hierdie eienskappe is dan ook uitgewys.
Die gehalte van die rolprente word nie as sodanig behandel nie, maar ’n
ondersoek word geloods na wat die rolprente binne die  afrikanergemeenskap bereik het of gepoog het om te bereik. Daar word ook gekonsentreer op wat die rolprente binne ’n Afrikanergemeenskap beteken het. Die waarde van die rolprente en van navorsing daaroor sal ten slotte aangedui word.


Journal Identifiers


eISSN: 1011-3053