Main Article Content

Die Wet op Nasionale Erfenishulpbronne


Anton C Van Vollenhoven

Abstract

The National Heritage Resources Act


In this article the National Heritage Resources Act is discussed. It is also shortly compared to the former National Monuments Act. Attention is given to the way in which the new act addresses the problems experienced in the execution of the former National Monuments Act. The new act makes provision for the safeguarding of the cultural heritage by means of a formal and a general protection clause. The way in which the act correlates with international conventions for the conservation of cultural resources, is also discussed. It is concluded that cultural historians should be actively involved in community heritage projects in order to keep up scientific research standards. This method of operation is also in line with the law and the aims of cultural resources management.


In diรฉ artikel word die Wet op Nasionale Erfenishulpbronne bespreek. Dit word ook kortliks met die voormalige Wet op Nasionale Gedenkwaardighede vergelyk. Aandag word gegee aan die wyse waarop die nuwe wet die probleme hanteer wat met die uitvoering van die voormalige Wet op Nasionale Gedenkwaardighede ondervind is. Ingevolge die nuwe wet word die kultuurerfenis deur middel van 'n formele en 'n algemene klousule beskerm. Die ooreenstemming tussen die wet en internasionale konvensies vir die bewaring van kultuurhulpbronne word ook bespreek. Daar word tot die gevolgtrekking gekom dat kultuurhistorici aktief by gemeenskapserfenisprojekte betrokke behoort te raak ten einde toe te sien dat wetenskaplike standaarde gehandhaaf word. Hierdie werkswyse is in ooreenstemming met die wet en die doelwitte van kultuurhulpbronbestuur.


South African Journal of Cultural History Vol.17(2) 2003: 23-45

Journal Identifiers


eISSN: 1011-3053