Main Article Content

The First Mosque: Caledon Street, Uitenhage


S Le Roux

Abstract



Die eerste moskee: Caledonstraat, Uitenhage
Op 5 Maart 1849 skryf aartsdeken N.J. Merriman (1809-1882) op een van sy eerste togte om
met sy nuwe parogie in die Oos-Kaap vertroud te raak, dat 'n klompie Maleiers hulle in Port
Elizabeth en Uitenhage bevind het. Van hulle het eersame posisies in Algoabaai beklee en hulle het ook 'n moskee in Uitenhage gehad – die enigste in die kolonie.
Merriman was in albei gevalle verkeerd. Teen 1849 was veel meer as 'n paar “Maleiers”
in die Oos-Kaap woonagtig en die moskee in Uitenhage was nie die enigste een in die kolonie nie. Wat sy opmerking belangrik maak is dat dit die eerste verwysing na 'n gevestigde Moslemgemeenskap en 'n voltooide plek vir aanbidding in daardie deel van die land is. Oor die moskees in Kaapstad en omgewing is sedert 1970 heelwat navorsing gedoen en etlike publikasies het die lig gesien, waarvan die sleutelbronne die werke van Achmat Davids en Frank Bradlow & Margaret Cairns is. Wat die toestand in die res van die Kaapkolonie was, is minder bekend en gepubliseerde bronne is nie geredelik beskikbaar nie.
In hierdie artikel word gekyk na beskikbare bronne om die geskiedenis na te loop. Die
toestande in die destydse Uitenhage word kortliks beskryf en die koms van die eerste Moslems en die stigter van dié geloof in Uitenhage word uitgelig. Hierna word gepoog om die moskee aan die hand van konstruksiegetuienis te rekonstrueer en onbeantwoorde vrae word geïdentifiseer.

Keywords: Maleise korps, moskee, Moslem, Oorlog van die Byl, Oos-Kaap, slaaf, Uitenhage

South Africa Journal of Cultural History Vol. 21 (1) 2007: pp. 34-56

Journal Identifiers


eISSN: 1011-3053