Main Article Content

“I Shall Take The Leap To The Great Beyond…”: Johannes Fagan's Studies And Suicide In London (1916-1920)


H van der Mescht

Abstract



“I shall take the leap to the great beyond…”: Johannes Fagan se studie en selfmoord in Londen (1916-1920):
Dié artikel poog om die omstandighede van die studie en selfmoord van die Suid-Afrikaanse
komponis Johannes Fagan (1898-1920) te rekonstrueer. Ten tyde van sy dood was hy 'n
student aan die Royal College of Music (RCM) in Londen waar hy in September 1916, tydens
die Eerste Wêreldoorlog, begin studeer het. Fagan sou in daardie tyd baie berigte oor die oorlog en die dood van RCM-studente moes aanhoor. In The R.C.M. Magazine sou hy Gurney se melankoliese gedigte, aangestuur van die front af, kon lees. Hy sou elke termyn se hoogs inspirerende openingstoespraak van die direkteur van die RCM, Hubert Parry, kon hoor. Na twee RCM-termyne het Fagan weens swak gesondheid vir twee jaar na Suid-Afrika teruggekeer. Tydens sy tweede studietydperk was hy 'n komposisiestudent van Vaughan Williams. Fagan is baie swaar getref deur die skielike dood van sy Engelse verloofde aan griep. Sy doodsertifikaat meld dat hy dood in sy bed aangetref is en dat hy sianied gedrink het. 'n Kort artikel hieroor het in The Kensington Express, Notting Hill and West London Examiner van Vrydag 23 Julie 1920 verskyn. Afgesien van sy inskrywingsvorm by die RCM, is die doodsberig wat in The R.C.M. Magazine verskyn het, die enigste plek waar Fagan se naam in die dokumente en publikasies van die RCM aangetref kan word.

Keywords: Gideon Fagan, Johannes Fagan, Hubert Parry, Royal College of Music, Suid-Afrikaanse komponiste, selfmoord

South Africa Journal of Cultural History Vol. 21 (1) 2007: pp. 72-92

Journal Identifiers


eISSN: 1011-3053