Main Article Content

Certain milestones in the history of Lutheran congregations of the German immigrants to the Philippi Flats: 1877-2007


L Rabe

Abstract



Sekere mylpale in die geskiedenis van die gemeentes van die Duitse immigrante na Philippi-Vlakte: 1877-2007:
Die jaar 2007 is die 130ste gedenkjaar van die koms van die sogenaamde tweede golf
van Duitse immigrante na die Wes-Kaap, spesifiek na die Kaapse Vlakte. Nuwejaarsdag
2007 was ook die 120ste herdenking van die onafhanklikheid van die Wynbergse Lutherse gemeente. Dit is ook die jaar waarin hierdie oudste, en tweede, van die oorspronklike drie Lutherse gemeentes wat die gemeenskap bedien het, sal ophou om as onafhanklike gemeente te funksioneer en in 'n sogenaamde ‘gemeenteverband' met die laaste oorblywende gemeente sal tree. Sowel die kerkgebou van die Philippigemeente
as die kerkgebou van die gemeente wat eerste gesluit het, dié van Neu-Eisleben, is boonop vanjaar 110 jaar gelede gebou. Hierdie artikel gee 'n oorsig oor die geskiedenis van die gemeenskap in die lig van spesifieke mylpale voor en sedert 1877. Dit boekstaaf verder die gedagtes van 'n paar afstammelinge wat direk deur die opskorting van die oudste gemeente as onafhanklike gemeente geraak word.

Keywords: Duitse immigrasie, koloniale regering, landbou, Lutherse Kerk.

South Africa Journal of Cultural History Vol. 21 (2) 2007: pp. 80-104

Journal Identifiers


eISSN: 1011-3053