Main Article Content

Fathoming the musical identity/identities of James Phillips aka Bernoldus Niemand


C van Niekerk

Abstract



'n Ondersoek na die musikale identiteit(e) van James Phillips, ook bekend as
Bernoldus Niemand:
Literatuur oor musikale identiteit het in die 1990s gedy. Tog is dit opvallend dat tot op
datum min mense hulle oor hulle eie musikale identiteite uitgespreek het – musici en navorsers ondersoek en skryf meestal oor ander se musikale identiteite. James Phillips
het snerpende lirieke geskryf, wat diep sosiale kommentaar ingesluit het. Hy het 'n formele musiekgraad verwerf en is, as uitvoerder, wyd deur sy eweknieë as die beste ‘rock'-musikant van sy dag erken. Tog was hy gesteld op sy privaatheid, en het hom nie maklik uitgespreek as hy direk oor sake uitgevra is nie. Hy het hom beslis nie oor sy eie musikale identiteit uitgespreek nie – behalwe in terme van wat die musiek self te kenne gegee het. Was hy verward? In watter stadiums was hy James Phillips en wanneer was hy sy alter-ego Bernoldus Niemand? Was hy, in die Suid-Afrikaanse konteks, 'n Engelse of 'n (alternatiewe) Afrikaanse musikant? En kan ons moontlik meer hieroor uitvind, meer as 'n dekade na sy voortydige afsterwe? Hierdie artikel poog om dit te doen, gedeeltelik op grond van bepaalde nuwe bronne, asook 'n vergelyking van baie konflikterende sieninge in beskikbare literatuur en uit onderhoude.

Keywords: James Phillips, Bernoldus Niemand, musikale identiteit, Voëlvry, alternatiewe Afrikaanse musiek, Suid-Afrikaanse rock-musiek

South Africa Journal of Cultural History Vol. 22 (1) 2008: pp. 1-28

Journal Identifiers


eISSN: 1011-3053