Main Article Content

The impact of politics on heritage and cultural tourism in South Africa


J Grobler

Abstract



Die impak van politiek op erfenis- en kultuurtoerisme in Suid-Afrika:
Hierdie artikel handel oor die verpolitisering van gedenktekens, monumente, museums
en historiese terreine wat as toeristebesienswaardighede dien. Dit bevat eerstens ‘n
uiteensetting van die wisselwerking tussen kultuur, erfenis, toerisme en politiek en
tweedens ‘n ontleding van die konsep ontstaansmite en hoe dit toerisme in Suid-Afrika sowel voor as na 1994 beïnvloed het. Derdens volg ‘n uiteensetting van die aanbieding van Suid-Afrika se kultuurbesit aan toeriste. Die argument wat aangevoer word is dat die gesamentlike kragte van die ontstaansmite en politieke korrektheid dit feitlik onafwendbaar maak dat politiek ‘n bepalende invloed sal uitoefen op die wyse waarop erfenis- en kultuurbesienswaardighede hulle boodskap aan toeriste uitdra. Die situasie in Suid-Afrika voor 1994 word met die huidige stand van sake vergelyk en die gevolgtrekking wat gemaak word, is dat hoewel toerisme tans te midde van die afwesigheid van politieke onstabliteit veel gemakliker funksioneer, politiek voor en na daardie bekende datum ‘n massiewe impak op toerisme gehad het.

Keywords: ontstaansmite, kultuurbesit, politieke korrektheid, toerisme, erfenis

South Africa Journal of Cultural History Vol. 22 (1) 2008: pp. 163-185

Journal Identifiers


eISSN: 1011-3053