Main Article Content

Nakie Smith (1845-1947) – goewernante van die bekende en welaf Fichardt-familie van Bloemfontein


H Haasbroek

Abstract

Marie Anne Smith was een van daardie merkwaardige vroue wat, hoewel sy ’n goewernante was, deur haar vriendelikheid, standvastigheid en blindelingse trou aan haar werkgewer ’n wonderlike positiewe invloed gehad het op die familie wat sy onbaatsugtig gedien het. Beter bekend as Nakie was sy vir bykans 70 jaar deel van die bekende en welgestelde Fichardt-familie van Bloemfontein nadat sy in 1880 deur Gustav Fichardt in Engeland as goewernante vir sy kinders gewerf is. Sy was vir die Fichardt-kinders soos ’n tweede ma en hulle sou haar tot haar dood koester. Daarbenewens het sy die familie se lief en leed gedeel en hulle deeglik onderskraag in al die ellende wat hulle soos tydens die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) deurgemaak het. Hoewel Engelssprekend was sy net soos die Fichardts ’n groot voorstander van Afrikanerbelange en het sy sy aan sy met die bekende Emily Hobhouse na die vroue en kinders in die konsentrasiekampe omgesien. In die Fichardts se invloedryke kringe is sy vanweë haar welmenendheid en vriendelikheid deur almal met die hoogste respek aanvaar. Geen wonder nie – met haar dood is sy in die  familiebegraafplaas op die plaas Brandkop begrawe.

Sleutelwoorde: Nakie Smith, Fichardt, Fischer, Bloemfontein


Journal Identifiers


eISSN: 1011-3053