Main Article Content

“Vry (néé) hofmaak in die 19de eeu: ‘n ontleding van 21ste-eeuse studentetekste”


K Sevenhuysen

Abstract

Verbeelding en kreatiewe betrokkenheid by die verledegebeure is een van vele maniere om Kultuurgeskiedenisstudente deel van en een met hulle studieveld te maak. Hierdie studie loods ’n ondersoek na hoe tweedejaar Kultuurgeskiedenisstudente aan die Universiteit van Pretoria in die module oor Suid-Afrikaanse geesteskultuur in die 19de eeu: volksgebruike, -gelowe en -wetenskap hulle kennis en begrip deur middel van tekste uitgedruk het. Studente moes hulle kennis, begrip en belewing van die totale module-inhoud in ’n enkele hofmaakstorie integreer. In hierdie proses moes hulle hulle uit hulle 21ste-eeuse hoogs-tegnologiese leefwêreld na dié van die 19de-eeuse pioniersomstandighede verplaas. Kan ’n mens uit ’n ontleding van die tekste afl ei of hulle daarin suksesvol was; het hierdie kreatiewe oefening daarin geslaag om studente die leef-, gedagte-, en gevoelswêreld van die pionier te laat betree?

Sleutelwoorde: hofmaak; Kultuurgeskiedenisonderrig, 19de-eeuse Suid-Afrikaanse gebruike; studentetekste; verbeelding


Journal Identifiers


eISSN: 1011-3053