Main Article Content

Taal- en kulturele wisselwerking tussen Vlaandere en Suid-Afrika tydens die apartheidsjare: ’


O Terblanche

Abstract

Tydens die apartheidsjare het ’n lewendige kulturele wisselwerking tussen Suid-Afrika en Vlaandere, die noordelike, Nederlandstalige deelstaat van België, plaasgevind. Die taalverwantskap tussen die Afrikaners en Vlaminge het ’n sentrale rol in hierdie tydperk gespeel. Wedersydse taal- en kultuurbande was van deurslaggewende belang. Vlaandere het nog altyd vanweë sy geskiedenis van taalstryd teen Franse oorheersing ’n groot begrip getoon vir die strewe van die Afrikaner om sy eie identiteit te bewaar en uit te bou. Die Vlaminge het dus tradisioneel meer simpatiek teenoor Afrikaans en die Afrikaner gestaan. In dié artikel word ’n aantal aspekte van die taal- en kulturele wisselwerking ontleed. Onder meer word op die Afrikaanse letterkunde, letterkundige en kulturele tydskrifte, die Kultuurverdrag, Afrikaanse liedere en sang en Afrikaanse voordrag en toneel gefokus.

Sleutelwoorde: Afrikaans; België; Kultuurverdrag, letterkunde; Suid-Afrika; taal- en kultuurbande; Vlaandere


Journal Identifiers


eISSN: 1011-3053