Main Article Content

Voorspelling van oorlewing in 'n chirurgiese intensiewesorgeenheid


Louis J Roux
Margaretha Viljoen
Ester Viljoen
Pieter J Becker
Jan P. Pretorius

Abstract

Doel: Om die voorspellingswaarde van , 14 bestaande voorspellings programme op chirurgiese intensiewesorgpasiente te toets en om n oorlewingsvoorspellingsmodel vir die chirurgiese intensiewesorgeenheid (ClSE) te ontwikkel wat as instrument kan dien om kliniese besluitneming te vergemaklik. Ontwerp: Retrospektiewe en prospektiewe versameling en rekenarisering van kliniese, fisiologiese en biochemiese veranderlikes. Student se t-toets, logistiese regressie, sensitiwiteits- en spesifisiteitsberekening met behulp van tweerigting tabelle. Plek: Chirurgiese  Intensiewesorgeenheid, H. F. Verwoerd-hospitaal, Pretoria. Pasientpopulasie: Retrospektiewe deel van studie: 188 pasiente; prospektiewe deel: 104 pasiente. Bevindingsmaatstawwe: Statisties betekenisvolle verskille tussen die tellings van oorlewendes en nieoorlewendes. Aanvaarbare sensitiwiteit en spesifisiteit van ontwikkelde model. Resultate: AI 14 bestaande voorspellingsprogramme beskik oor die vennoe om te onderskei tussen die opnamedagtellings van oorlewendes en nie-oorlewendes en het, by implikasie, dus prognostiese geldigheid. Die statistiese betekenisvolheid geassosieer met die onderskeie programme het gewissel van P < 0.01 tot P < 0.0001. 'n Reeks van opeenvolgende oorlewingsvoorspel1ingsmodelle, ontwikkel deur logistiese regressie-analise op die bes passende voorspellingsprogramme, het uiteindelik gelei tot die ontwikkeling van 'n model met 'n sensitiwiteit van 93% en 'n spesifisiteit van 66%. Gevolgtrekking: Verskeie bestaande voorspellingsprogramme kan bydra tot kliniese besluitneming. Voorspellingsmodelle hieruit ontwikkel moet voor implementering herhaaldelik op opeenvolgende groepe van die teikenpopulasie getoets word. Beide die programme en die modelle behoort as bykomstige prognostiese ondersteuningsfaktore gebruik te word eerder as absolute aanduidings van uitkoms.

S Afr Med J 1996: 86: 1417 -1420

Journal Identifiers


eISSN: 2078-5135
print ISSN: 0256-9574