Main Article Content

Diafragmabreuk


J.K. Bremer

Abstract

Omdat diafragmabreuk vandag erken word as 'n toestand wat betreklik dikwels voorkom, lastige simptome veroorsaak en tot emstige komplikasies aanleiding kan gee, is dit ook vir die algemene praktisyn van belang. In hierdie artikel sal hoofsaaklik die' breuke deur die esofageale hiatus bespreek word en traumatiese breuke sal net kortliks aangeraak word. Breuke deur aangebore openinge in die diafragma sal nie eers verder genoem word nie, omdat hulle vir die algemene praktisyn van baie min belang is.


Journal Identifiers


eISSN: 2078-5135
print ISSN: 0256-9574