Main Article Content

The influence of French on Afrikaans military terms


G Nonin

Abstract

Die invloed van Frans op die Afrikaanse militêre taal kan teruggevoer word tot die sestiende eeu. Baie Franse soldate was Hugenote en veterane van godsdienstige oorloë wat in Nederland geveg het en heelwat militêre terme in die Nederlandse taal gevestig het. Vanaf 1652 tot die herroeping van die Edik van Nantes in 1685, het sommige van hulle afstammelinge en nuwe Hugenote-immigrante hulle in Suid-Afrika gevestig. Die Hugenote se bydrae tot ons militêre geskiedenis is egter nie tot die linguistiek beperk nie. Baie Hugenootsoldate het uitgeblink op die slagveld tydens die oorloë van die Groot Trek en in die wetenskap van militêre argitektuur. Kontemporëre Franse invloed op die Afrikaanse militêre taal, alhoewel in 'n groot mate 'n realiteit, blyk 'n oorgangstadium te wees vanweë die gevorderde stadium van die ontwikkeling van Afrikaans.


Journal Identifiers


eISSN: 2224-0020
print ISSN: 1022-8136