Main Article Content

Die Kasteel ,,de Goede Hoop" (1921-1923): die verhaal van 'n reddingsdaad


Abel Esterhuyse

Abstract

Die Kasteel De Goede Hoop is ongetwyfeld die belangrikste historiese monument waaroor OIlS vandag beskik. Nie aileen was dit gedurende die Nederlandse en Britse koloniale tydperke in ons geskiedenis belangrik as 'n setelplaas vir siviele en militere bestuur nie, maar ook is dieselfde vyfhoekige militere bouwerk. militerhistories beskou, besonder waardevol. 'n Belangrike mylpaal in die geskiedenis van die Kasteel was 1 Desember 1921. Op hierdie dag het die Unieregering die volle verantwoordelikheid vir die verdedigingsmiddels op land van die Unie van Suid-Afrika aanvaar. Dieselfde was die geval m.b.t. aile militere maatreets t.O.V. die verdediging en veiligheid van die Unie. Voorheen het hierdie verantwoordelikhede by die regering van die Verenigde Koninkryk bents. Wet no. 33 van 1922, kortliks bekend as die Verdediging Begiftigings Eigendom en Rekeningwet (Defence Endownment Property and Account Act)' wat op 26 lulie 1922 in werking getree het, het nie aileen hierdie nuwe verantwoordelikhede omskrywe nie, maar o.m. terselfdertyd voorsiening gemaak vir die oorname, deur die Unieregering, vall aile terreine en geboue wat aan die Britse Departement van Verdediging behoort het. Daar was ook sekere terreine wat aandie Britse admiraliteit be/lOort het en by dieselfde geleentheid aan die Unieregering oorgedra is. Waar die Unieregering vanaf genoemde datum ook volledige beskikking oor die Kasteel de Goede Hoop gekry het, is reeds voor die tyd die vraag gestel op watter wyse die gebou bemlt behoort te word. Reeds 'n paar jaar vroeer is, o.m. deur genl. l. C. Smuts. die gedaRte uitgespreek om 'n gedeelte van die geboll as 'nmuseum in te rig'. Die regering was van melling dat die Kasteel 'n middelpllnt van militere bedrywighede moet bly, maar dat terselfdertyd die historiese karakter sterker beklemtoon moet word as voorheen die geval was. Gebrek aan departementele huisvesting in Kaapstad het sekere probleme mugebring. Begerige oe is in die rigting van die Kasteel gerig om hierdie vraagstuk op te los. Op watter wyse verskillende rigtings en stromings, uitvloeisels van uiteenlopende gedagtes, op die geskiedenis von die Kasteel ingewerk het tussen 1921 en 1923 vorm die onderwerp van hierdie bydrae.


Journal Identifiers


eISSN: 2224-0020
print ISSN: 1022-8136