Main Article Content

Khoi en Oosgrensafrikaans


MCJ van Rensburg

Abstract

Den Besten se studies oor die invloed van Khoi op Afrikaans, oor ʼn tydperk van 25 jaar, het ʼn impetus  gegee vir opvolgondersoeke oor temas waarvan hy in sy werk aanduidings gegee het. In hierdie studie  word daar, in aansluiting by sy werk, aandag gegee aan twee fases van die Khoi-Khoi se nuwe  aanleerderstaal, Afrikaans, voor en na die begin van die agtiende eeu. Voor die begin van die agtiende eeu  was daar heelwat faktore wat die vordering van die Khoi-Khoin se aanleerderstaal bemoeilik het. Daarna  het die aanleerderstaal ʼn ander rol in die Binneland gespeel, in die gebied wat naastenby tussen die  Hottentots-Hollandberge en Graaff-Reinet lê. Saam met die taal van die veeboere, was dit die hooftaal in  daardie gebied. Die tale het mekaar vir bykans ʼn eeu lank oor en weer beïnvloed, voordat dit met die  Groot Trek-beweging noordwaarts geneem is.


Sleutelwoorde: Khoi-Khoin, oosgrenstaalgebied, skeepsvaart, taalkontak, taalverplasing, VOC, wording van Afrikaans Khoi and Eastern border Afrikaans

Den Besten studied the influence of Khoi on Afrikaans for a period of 25 years, which gave an impetus for research in the same vein. In this study attention is given to two phases of the learner variety of the  Khoi-Khoin, before and after the beginning of the eighteenth century, following some indications in his work. The development of the learner variety of the Khoi-Khoin was hampered in various ways before the beginning of the eighteenth century. The situation changed considerably thereafter, when this variety  became one of the two main languages, next to the language of the cattle farmers, in the interior,  approximately between the Hottentot-Holland mountains and Graaff-Reinet. The language that resulted  from the outcome of the influence of these languages on each other, for nearly a century, was taken to the north with the Great Trek migration.


Keywords: Eastern border language area, genesis of Afrikaans, Khoi-Khoin, language contact, language displacement, language loss, maritime trade, VOC


Journal Identifiers


eISSN: 2224-3380