Main Article Content

Parameterverstelling en tweedetaalverwerwing


HJ Lubbe

Abstract

'n Sentrale doelstelling van die generatiewe taalteorie is om 'n grarnmati kamodel te verskaf wat verklaar waarom L 1-sprekers hulle moedertaa! op bais van verarmde data, en in die afwesigheid van negatiewe data, skynbaar moeiteloos verwerf. Daar word aanvaar dat die kind beskik oor 'n universele grammatika (UG) wat bestaan uit 'n aantal prinsipes wat die klas van moontlike grammatikas beperk. UG bevat 'n aantal ope parameters wat gestel word op basis van positiewe data van die moedertaal wat aangeleer word. Taalverskille is, so gesien, in vele gevalle die gevolg van verskillende parameterstande, en L1-verwerwing bestaan gedeeltelik uit die standinstelling van die parameter in die spesifieke taal. Die vraag of UG ook vir L2-verwerwing beskikbaar is, en indien wel, die implikasies daarvan vir L2-onderrig, word bespreek.


Journal Identifiers


eISSN: 2224-3380